Ezekiel 40:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarna het hy my na die suide gebring, en daar was 'n poort na die suide; en hy het sy deurposte en sy voorportaal gemeet volgens hierdie afmetings.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna neem die man my na die suidekant toe, waar die suidelike ingang was. Hy het die tussenmure en die toegangsportaal van die poortgebou gemeet, en dit was presies dieselfde as dié in die ander poortgeboue.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hy my na die suide laat gaan; en kyk, daar was 'n poort na die suide; en hy het sy deurposte en sy voorportaal gemeet volgens die vorige afmetinge.
Afrikaans 1983 Daarna neem die man my na die suidekant toe, waar die suidpoort was. Hy het die tussenmure en die toegangsportaal van die poortgebou gemeet, en dit was dieselfde as dié in die ander poortgeboue.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy laat my toe na die suidekant gaan, en kyk, daar was 'n poort aan die suidekant. Hy het die afskortingsmure en die portaal daarvan gemeet; dit was soos die ander afmetings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het hy my na die suidekant laat loop. Daar was die buitenste suid-poort. Die man meet toe die pilare en die voorportaal van die poort, dit was so groot soos die pilare en die voorportaal van die ander poorte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna vat die man my na die suidekant toe. Hier was ook ’n ingang met net sulke geboue as by die ander twee ingange. Die man het hulle ook gemeet, en dit was presies dieselfde as die ander geboue.