Ezekiel 40:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die poort van die binneste voorhof was teenoor die poort na die noorde en na die ooste; en hy het van poort tot poort gemeet honderd el. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net soos aan die oostekant was daar ook aan die noordekant ’n poortgebou wat na die binnekant van die tempel gelei het. Die afstand tussen die buitenste en die binneste poorte was 50 meter. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was 'n poort na die binneste voorhof teenoor die poort na die noorde en na die ooste; en hy het gemeet van poort tot poort: honderd el. |
| Afrikaans 1983 | Daar was 'n poortgebou teen die binneste voorhof regoor die noordpoort net soos in die geval van die oospoort. Die man het die afstand tussen die buitenste en die binneste poorte gemeet. Dit was vyftig meter. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Poort na die binneste voorhof was geleë teenoor die poort aan die noordekant en so ook aan die oostekant. Hy het van poort tot poort gemeet – honderd el. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was ook 'n poort langs die oop stuk grond by die binnekant, oorkant die noord-poort. Dit was soos die poort oorkant die oos-poort. Die man het gemeet hoe ver die poorte van mekaar is. Dit was 100 el. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar was ook ’n gebou regoor die binneste ingang, teenoor die ingang aan die noordekant. Dit het net so gelyk soos die ingang aan die oostekant. Die man het toe die afstand tussen die twee ingange gemeet. Dit was 50 meter. |