Ezekiel 40:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle vensters en hulle voorportaal en hulle palmbome was volgens die maat van die poort wat na die ooste kyk; en hulle het met sewe trappe daarheen geklim; en sy voorportaal was voor hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vensters, toegangsportaal en palmversierings was identies aan dié van die oostelike ingang. Daar was sewe trappe wat na die ingang gelei het, en die ingangsportaal was binne-in die poort.
Afrikaans 1933/1953 En sy vensters en sy voorportaal en sy palmbome het dieselfde afmeting gehad as by die poort waarvan die voorkant na die ooste lê: en 'n mens kon daarin opklim met sewe trappe; en sy voorportaal was daarvoor.
Afrikaans 1983 Sy vensteropenings, sy toegangsportaal en sy palmversierings was net so groot as dié van die poort wat oos gekyk het, en die poort is bereik deur middel van sewe trappe. Agteraan was ook 'n toegangsportaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy vensters, sy portaal en die palmette het dieselfde afmetings gehad as dié van die poort wat oos front. Met sewe trappe kon mens daarheen opklim, en sy portaal was aan die voorkant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vensters en die pilare en die palmbome in hierdie poort was so groot soos die vensters en pilare in die poort by die oostekant. 'n Mens kon teen sewe trappe opgaan in die poort. Daar was 'n voorportaal by die binnekant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy vensters en ingang en die tekeninge van palmbome het nes dié gelyk van die ander ingang. ’n Mens moes ses trappe klim om hierdie ingang te bereik. Agter was nog ’n ingangsportaal.