Ezekiel 40:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy kamertjies was drie aan die een en drie aan die ander kant; en sy deurposte en sy voorportaal was volgens die maat van die eerste poort: sy lengte was vyftig el en die breedte vyf en twintig el. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hier was ook drie sykamers vir wagte en ’n voorportaal. Die afmetings was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd, net soos die ander ingang. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy sykamers was drie aan die een en drie aan die ander kant; en sy deurposte en sy voorportaal het dieselfde afmeting gehad as by die eerste poort: vyftig el sy lengte en die breedte vyf en twintig el. |
| Afrikaans 1983 | Die poortgebou het ook weerskante drie sykamers gehad, en die afmetings van sy tussenmure en sy toegangsportaal was dieselfde as dié van die poortgebou wat reeds beskryf is. Dié poortgebou was ook vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die drie dienskamers aan albei kante, die afskortingsmure en sy portaal het dieselfde afmetings gehad as dié van die eerste poort: vyftig el lank en vyf-en-twintig el breed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die poort het ook langs elke kant drie kamers gehad, en sy pilare en sy voorportaal was so groot soos die eerste poort. Die poort was ook 50 el lank en 25 el breed. 'n |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie ingang het drie kamers aan elke kant gehad. Die afmetings was dieselfde as die afmetings van die ander kamers. Hierdie ingang was ook 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd. |