Ezekiel 40:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die gesigte van God het Hy my na die land van Israel gebring en my op 'n baie hoë berg laat staan, waarby soos die muur van 'n stad in die suide was.
Afrikaans (NLV) 2011 In visioene het God my na die land Israel geneem en my op ’n hoë berg neergesit. Van daar kon ek iets sien soos ’n stad oorkant my, na die suidekant toe.
Afrikaans 1933/1953 In gesigte van God het Hy my in die land van Israel gebring en my neergesit op 'n baie hoë berg, en daarop iets wat soos 'n stad gebou was, teen die suide.
Afrikaans 1983 in 'n gesig wat van God gekom het, na Jerusalem toe gebring. Hy het my na die land Israel toe gebring en my op 'n baie hoë berg neergesit. Aan die suidekant op die berg was daar geboue wat gelyk het na dié van 'n stad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In visioene van God het Hy my na die land Israel geneem en my neergesit op 'n baie hoë berg waarop daar aan die suidekant iets soos 'n geboude stad was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir my dinge gewys. Dit het gelyk of Hy my na Jerusalem gebring het en my op 'n baie hoë berg neergesit het. Op die suidekant van die berg was iets wat gelyk het soos 'n stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het aan my verskyn. Hy het my toe na Israel toe gevat. Ek het gesien hoe Hy my op ’n baie hoë berg neersit. Van daar af kon ek ’n stad sien wat ’n ent daarvandaan was, so na die suidekant toe.