Ezekiel 40:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy die breedte gemeet van die voorkant van die onderste poort af tot by die voorkant van die binneste voorhof, buitekant, honderd el na die ooste en noorde toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man het toe die afstand gemeet tussen die tempel se buitenste voorhof tussen die binneste en buitenste ingange, en dit was 50 meter.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hy die breedte gemeet van die voorkant van die onderste poort af tot by die buitenste voorkant van die binneste voorhof: honderd el, aan die ooste-- en aan die noordekant.
Afrikaans 1983 Die man het die afstand gemeet tussen die voorkant van die buitenste poort en die buitekant van die binneste voorhof. Dit was vyftig meter aan die ooste- en aan die noordekant.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy meet toe die afstand vanaf die voorkant van die laer liggende poort tot aan die buiterand van die binneste poort: Dit was honderd el. Dit was die oostekant. Nou volg die noordekant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het gemeet hoe ver dit is van die voorkant van die onderste poort tot by die buitekant van die binneste oop stuk grond. Dit was 100 el by die oostekant en by die noordekant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man het toe die afstand gemeet van die voorkant van die eerste opening en die voorkant van die ingang. Dit was 50 meter aan die een kant en 50 meter aan die ander kant.