Ezekiel 40:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die plaveisel aan die kant van die poorte teenoor die lengte van die poorte was die onderste plaveisel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die plaveisel was weerskante van die ingange en was so breed soos die voorpoorte. Dit was die laer plaveisel.
Afrikaans 1933/1953 En die plaveisel was aan die sykant van die poorte, ooreenkomstig die lengte van die poorte; dit was die onderste plaveisel.
Afrikaans 1983 Die plaveisel was weerskante van die poorte en was so breed as wat die poorte lank was. Dit was die onderste plaveisel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die plaveisel was langs die kante van die poortgeboue en het ooreengekom met die lengte van die poortgeboue. Dit was die laer plaveisel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die plaveisel was langs die poorte en dit was so lank soos die poorte. Dit was die onderste plaveisel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die plaveiselstene was aan weerskante van die opening, en hulle was net so breed as wat hulle lank was. Hierdie plaveiselstene was aan die onderkant van die vertrek.