Ezekiel 40:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy my na die buitenste voorhof gebring, en kyk, daar was kamers en 'n plaveisel vir die voorhof rondom gemaak; dertig kamers was op die plaveisel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man het my toe na die buitenste voorhof gevat. Rondom die voorhof was daar vertrekke en ’n plaveisel. Daar was 30 vertrekke teenaan die plaveisel.
Afrikaans 1933/1953 Verder het hy my in die buitenste voorhof gebring, en kyk, daar was kamers, en rondom die voorhof was 'n plaveisel gemaak; dertig kamers was op die plaveisel.
Afrikaans 1983 Daarna het die man my na die buitenste voorhof toe gevat. Rondom die voorhof was daar vertrekke en 'n plaveisel. Daar was dertig vertrekke teenaan die plaveisel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man het my toe na die buitenste voorhof geneem. Kyk, daar was vertrekke, en 'n plaveisel was reg rondom in die voorhof aangebring. Daar was dertig vertrekke langs die plaveisel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het my toe na die buitenste oop stuk grond geneem. Rondom die oop stuk grond was daar kamers en plaveisel. Daar was 30 kamers langs die plaveisel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe vat die man my na die buitenste opening waardeur ’n mens gaan. Rondom hierdie opening was daar ook vertrekke. Die vloer was van plaveiselstene. Daar was 30 vertrekke.