Ezekiel 40:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was smal vensters na die kamers en aan hulle deurposte, binne-in die poort rondom, en so ook aan die voorportaal, en vensters was rondom na binne, en op elke deurpost was palmbome. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agter in die sykamers en in die skeidingsmure was vensteropenings ingelaat. Daar was ook vensters in die voorportaal. Die skeidingsmure was versier met gekerfde palmbome. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was vensters van latwerk in die sykamers ingebou en in hulle deurposte, na binne toe in die poort al rondom; so ook in die voorportale; ja, vensters was al rondom na binne toe, en op die deurposte was palmbome. |
| Afrikaans 1983 | Agter in die sykamers weerskante in die poortgebou en in die mure tussen die sykamers was daar vensteropenings met hortjies. Dit was ook die geval met die toegangsportaal. Daar was vensteropenings rondom in die poortgebou. Teen die mure tussen die vertrekke was daar palmversierings. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was vensters met luike in die dienskamers en hulle afskortingsmure aan die binnekant van die poort, reg rondom. So was dit ook in die portaal – die vensters was reg rondom aan die binnekant. Op die afskortingsmure was daar palmette. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was vensters in die mure van al die kamers en teen die pilare by die binnekant van die poort. Daar was hortjies voor die vensters. Daar was ook vensters in al die mure van die voorportaal. Op die pilare was prente van palmbome. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agter in die kamers was daar vensters gebou wat met houthortjies toegemaak het. In die opening was daar ook vensters. Teen die mure van al hierdie vertrekke het mense prente van palmbome geteken. |