Ezekiel 40:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook deurposte van sestig el gemaak, tot by die deurpost van die voorhof rondom die poort. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die skeidingsmure al langs die binnekant van die ingang gemeet tot by die voorportaal, en die lengte was 30 meter. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hy die deurposte gemaak; sestig el; en die voorhof, al rondom die poort, het gekom tot by die deurposte. |
| Afrikaans 1983 | Die man het dieselfde gedoen met die toegangsportaal. Die afstand na die kant van die voorhof toe agter rondom die poortgebou was dertig meter, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe doen hy dieselfde met die afskortingsmure: dit was sestig el tot by die afskortingsmuur na die voorhof – die poort reg rondom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook die voorportaal gemeet. Dit was 60 el tot by die eerste pilaar van die oop stuk grond agter die poort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man het toe ook die opening gemeet waardeur ’n mens gaan. Die afstand van die opening tot agter die gebou waardeur ’n mens moet gaan, was 30 meter. |