Ezekiel 40:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy die poort gemeet van die dak van die een kamertjie af tot by die ander se dak: die breedte was vyf en twintig el, deur teen deur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het toe verder die volle lengte van die ingang gemeet tussen die agterste mure van die sykamers wat na mekaar kyk, en dit was twaalf en ’n half meter wyd. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy die poort gemeet van die dak van die een sykamer af na die dak van die ander toe: die breedte was vyf en twintig el, deur teenoor deur. |
| Afrikaans 1983 | Die man het verder die wydte van die poortgebou gemeet van waar die dak en die muur van een sykamer aan mekaar raak tot by dieselfde plek aan die teenoorgestelde kant. Die wydte was twaalf en 'n half meter. Die sykamers se ingange was die een reg teenoor die ander. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy meet toe die poort van die dakhoek van een dienskamer tot by die dakhoek van 'n ander: dit was vyf-en-twintig el. Die ingange was regoor mekaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het ook gemeet hoe breed die poort is, van die een buitemuur tot by die ander buitemuur. Dit was 25 el. Die deure van die kamers was oorkant mekaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die man ook die wydte van die hele gebou gemeet waardeur ’n mens gaan as jy in die huis van die Here se terrein wil kom. Dit was van die kamers aan die een kant tot by die kamers aan die ander kant. Die afstand was twaalf en ’n half meter. Die kamers se ingange was regoor mekaar. |