Ezekiel 40:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die spasie voor die kamers was een el aan die een, en die spasie was een el aan die ander kant; en die kamers was ses el aan die een en ses el aan die ander kant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Voor elkeen van die sykamers was ’n afskorting van ’n half meter dik. Die sykamers was elkeen drie vierkante meter. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was 'n afskorting voor die sykamers van een el aan die een kant, en 'n afskorting van een el aan die ander kant; en elke kamer was ses el aan die een, en ses el aan die ander kant. |
| Afrikaans 1983 | Daar was afskortings voor die sykamers weerskante in die poortgebou. Die afskortings was 'n half meter dik en die sykamers was drie meter in die vierkant. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was 'n keermuurtjie van een el hoog voor die dienskamers, ook een van een el aan die teenoorgestelde kant. Die dienskamers was ses el diep, ook ses el diep aan die teenoorgestelde kant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n lae muur voor die kamers langs altwee kante. Die muur was een el hoog. Die kamers langs altwee kante was ses el breed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Voor die kamers aan die kante was daar afskortings. Hulle was elkeen ’n halwe meter dik. Die kamers was drie meter by drie meter. |