Ezekiel 40:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die breedte van die ingang van die poort gemeet: tien el; en die lengte van die poort, dertien el.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man het die ingang gemeet, wat vyf meter wyd was as dit oop staan, maar die volle wydte van die poort was ses en ’n half meter.
Afrikaans 1933/1953 Verder het hy die wydte van die poort-ingang gemeet: tien el; die lengte van die poort: dertien el.
Afrikaans 1983 Die man het ook die poort gemeet. As dit oop is, was dit vyf meter wyd, maar die volle wydte van die poort was ses en 'n half meter.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe meet hy die breedte van die opening na die poort: dit was tien el. Die breedte van die poort self was dertien el.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het gemeet hoe breed die poort is waar 'n mens ingaan. Dit was tien el. Die poort was 13 el lank.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man het toe ook hierdie opening gemeet. As die hek oop was, was die ingang vyf meter breed. Die volle lengte van die opening was ses en ’n half meter wyd met die hek toe.