Ezekiel 40:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kamers van die poort na die ooste was drie aan die een en drie aan die ander kant; hulle drie was een maat, en die deurposte het een maat aan weerskante gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was drie sykamers vir wagte aan weerskante, almal ewe groot, en die mure tussenin was ewe dik.
Afrikaans 1933/1953 En die sykamers van die poort na die ooste was drie aan die een en drie aan die ander kant; al drie het dieselfde afmeting gehad; ook het die deurposte aan weerskante dieselfde afmeting gehad.
Afrikaans 1983 Aan weerskante binne-in die poortgebou was drie sykamers, almal ewe groot, en die mure tussenin was ewe dik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat betref die dienskamers in die poort wat oos front, was daar drie aan die een en drie aan die ander kant; die drie van hulle aan elke kant het dieselfde afmetings gehad. Die afskortingsmure aan elke kant het dieselfde afmetings gehad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was drie kamers langs elke kant van die poort. Die kamers was ewe groot en die pilare langs altwee kante was ewe dik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan weerskante van hierdie vertrek was daar drie kamers. Hierdie kamers was ewe groot. Die mure tussen die kamers was ewe dik.