Ezekiel 40:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die vyf-en-twintigste jaar van ons ballingskap, in die begin van die jaar, op die tiende dag van die maand, in die veertiende jaar nadat die stad verslaan is, op dieselfde dag was die hand van die HERE op my, en het my daarheen gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op 28 April in die 25ste jaar van ons ballingskap, veertien jaar ná die val van Jerusalem, was die Here se hand op my. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die vyf en twintigste jaar van ons ballingskap, in die begin van die jaar, op die tiende van die eerste maand, in die veertiende jaar nadat die stad ingeneem is, op daardie selfde dag, was die hand van die HERE op my, en Hy het my daarheen gebring. |
| Afrikaans 1983 | Dit was die tiende dag van die nuwe jaar, die vyf en twintigste jaar van ons ballingskap en die veertiende jaar nadat Jerusalem verwoes is. Presies op dié dag het die mag van die Here my in besit geneem en my |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die vyf-en-twintigste jaar van ons ballingskap, aan die begin van die jaar, op die tiende dag van die maand, in die veertiende jaar nadat die stad verslaan is, op presies daardie dag, was die hand van die Here op my, en Hy het my na die stad geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gevoel die Here sit sy hand op my. Dit was in die 25ste jaar nadat ons gevangenes geword het in die land Babel. Dit was in die begin van die jaar, op die tiende dag van die maand, ja, presies op daardie dag. Dit was 14 jaar nadat die stad Jerusalem verwoes is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die 28ste April 573 v.C. het die Here Homself op ’n spesiale manier aan my bekendgemaak. Ons was toe al 25 jaar lank gevangenes in ’n vreemde land. Dit was veertien jaar nadat Jerusalem deur ons vyande met die grond platgevee is. |