Ezekiel 4:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jy dit volbring het, gaan lê weer op jou regtersy, en jy sal die ongeregtigheid van die huis van Juda dra veertig dae lank: Ek het jou elke dag vir 'n jaar aangestel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna moet jy omdraai en op jou regtersy lê vir 40 dae — ’n dag vir elke jaar wat Juda gesondig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan lê en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: vir elke jaar lê Ek jou een dag op. |
| Afrikaans 1983 | En as jy daarmee klaar is, moet jy op jou regtersy lê en die sonde van die volk Juda dra, veertig dae lank: Ek lê jou 'n dag op vir elke jaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jy daarmee klaar is, moet jy 'n tweede keer gaan lê – op jou regtersy. Dan moet jy die sondeskuld van die huis van Juda dra, veertig dae lank. 'n Dag vir elke jaar is wat Ek dit vir jou maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En wanneer jy dit klaar gedoen het, dan moet jy weer lê, op jou regter-sy, en jy moet 40 dae lank die straf van die volk Juda dra. Ek het besluit jy moet die straf dra, een dag vir elke jaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy daarmee klaar is, moet jy op jou regtersy gaan lê. Dan moet jy maak of jy die sondes van Juda op jou dra. Jy moet 40 dae so lê, want Juda het 40 jaar lank gesondig. Jy moet ’n dag vir elke jaar van sonde lê. |