Ezekiel 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek het die jare van hulle ongeregtigheid op jou gelê, volgens die getal dae, drie honderd en negentig dae; so moet jy die ongeregtigheid van die huis van Israel dra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy moet Israel se straf dra vir 390 dae — een dag vir elke jaar wat hulle gesondig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Âk lê jou die jare van hulle ongeregtigheid op volgens die getal dae, drie honderd en negentig dae, dat jy die ongeregtigheid van die huis van Israel moet dra. |
| Afrikaans 1983 | Soveel jare as wat hulle bly sondig het, soveel dae lê Ek jou op: drie honderd en negentig dae lank moet jy die sonde van die volk Israel dra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En Ek, Ek het vir jou die aantal jare van hulle sondeskuld 'n getal dae gemaak – driehonderd-en-negentig dae lank moet jy die sondeskuld van die huis van Israel dra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het besluit jy moet 390 dae lank op jou linker-sy lê en jy moet die straf dra, een dag vir elke jaar van die straf van die volk Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het 390 jaar teen My gesondig. Gaan lê op jou linkersy vir 390 dae, ’n dag vir elke jaar. |