Ezekiel 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Neem ook vir jou 'n ysterpan en stel dit as 'n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarteen, en dit sal beleër word, en jy moet dit beleër. Dit sal 'n teken wees vir die huis van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Neem dan ’n ysterplaat en sit dit tussen jou en die stad. Kyk na die stad en demonstreer hoe die vyand Jerusalem sal aanval. Laat dit Israel waarsku.
Afrikaans 1933/1953 Verder, neem jy vir jou 'n ysterpan en sit dit as 'n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarop, en dit sal beleër wees, en jy moet dit beleër. 'n Teken is dit vir die huis van Israel.
Afrikaans 1983 Vat dan 'n ysterplaat en laat hom 'n ystermuur wees tussen jou en die stad. Kyk na die stad toe. Hy moet beleër wees, en jy moet hom beleër. Dit is 'n teken vir Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En jy, vat vir jou 'n bakplaat van yster en maak dit 'n ystermuur tussen jou en die stad. Kyk stip na haar. Sy sal onder beleg wees; jy sal haar beleër. Dit moet 'n teken wees vir die huis van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar jy moet 'n ysterplaat neem en jy moet dit neersit tussen jou en die stad. Dit moet 'n ystermuur wees. Jy moet na die stad kyk en jy moet maak of jy die stad van al die kante aanval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vat dan ’n plaat wat van yster gemaak is en plaas die plaat tussen jou en die baksteen. Daar moet ’n muur van yster tussen jou en die stad wees. Kyk in die stad se rigting. Wys ook hoe die vyand die stad Jerusalem aanval. Laat jou optrede ’n waarskuwing aan Jerusalem wees oor wat op hulle wag: die vyand gaan hulle stad oorwin.