Ezekiel 4:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat hulle brood en water ontbreek en die een oor die ander verbaas kan wees en ter wille van hulle ongeregtigheid omkom.
Afrikaans (NLV) 2011 Kos en water sal so skaars wees dat die mense mekaar wantrouig sal aankyk, en hulle sal wegkwyn onder hulle straf.”
Afrikaans 1933/1953 sodat hulle gebrek aan brood en water het, en die een met die ander verstom staan en in hulle ongeregtigheid wegkwyn.
Afrikaans 1983 Wanneer hulle broodsgebrek het en dors ly, sal hulle mekaar met skrik aanskou en van hulle sonde vergaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) gevolglik sal hulle gebrek ly aan brood en water. Hulle sal mekaar geskok aankyk en wegteer weens hulle sondeskuld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal nie genoeg kos en water hê nie, hulle sal vir mekaar kyk en baie bang wees. Hulle sal stadig sterf omdat hulle sonde gedoen het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kos en water sal so skaars wees dat mense mekaar sal wantrou omdat hulle bang is iemand steel hulle voorraad. En dit sal wees omdat my oordeel op die volk rus oor hulle sondige dade en hulle opstandigheid.”