Ezekiel 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het Hy vir my gesê: Mensekind, kyk, Ek breek die staf van brood in Jerusalem, en hulle sal brood eet volgens gewig en met sorg; en hulle sal water drink by maat en met verbasing.
Afrikaans (NLV) 2011 Verder sê Hy vir my: “Mensekind, Ek sal sorg dat kos baie skaars word in Jerusalem. Dit sal sorgvuldig uitgeweeg word en met angs geëet word. Water sal druppel vir druppel uitgemeet word en met huiwering gedrink word.
Afrikaans 1933/1953 Ook het Hy vir my gesê: Mensekind, kyk, Ek verbreek die staf van die brood in Jerusalem, en hulle sal brood by die gewig en met kommer eet en water by die maat en in stomme smart drink;
Afrikaans 1983 Verder het Hy vir my gesê: “Mens, Ek gaan hongersnood bring in Jerusalem. Hulle sal brood volgens gewig eet en met kommer, hulle sal water volgens maat drink en met huiwering.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder het Hy vir my gesê: “Mensekind, kyk, Ek gaan die broodstok breek in Jerusalem. Hulle sal met kommer afgeweegde brood eet; en met ontsteltenis afgemete water drink,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het die Here vir my gesê: “Mens, Ek sal nou die kos en water in Jerusalem laat opraak. Hulle sal hulle kos moet weeg en hulle sal baie bang wees, hulle sal hulle water moet meet en hulle sal baie bekommerd wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê toe verder vir my: “Mens, die inwoners van Jerusalem gaan honger ly. Ek gaan sorg dat kos baie skaars word. Kos sal met ’n skaal geweeg word en mense sal dit met angstigheid eet. Selfs die water sal geweeg word, druppel vir druppel, so skaars gaan dit wees. En mense sal verslae wees terwyl hulle die water drink.