Ezekiel 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê ek: Ag, HERE HERE! Kyk, my siel is nie besoedel nie, want van my jeug af tot nou toe het ek nie geëet van wat vanself sterwe of verskeur is nie; en daar het geen afskuwelike vlees in my mond gekom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê ek: “O oppermagtige Here, ek is nooit voorheen verontreinig nie. Van kindsdae af tot nou toe het ek nooit enige dier geëet wat dood gevind is of wat deur wilde diere verskeur is nie. Ek het nooit enige onrein vleis geëet nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek sê: Ag, Here HERE! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, geëet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê ek: “Ag, Here my God, ek is nooit verontreinig nie, ek het van my jong dae af tot nou toe nie die vleis van diere wat gevrek het of deur roofdiere doodgemaak is, geëet nie, ek het ook nooit my mond gesit aan offervleis wat te lank oorgestaan en onrein geword het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê ek: “Ag, my Heer, Here! Kyk, ek is self nooit verontreinig nie. Iets wat doodgegaan het of verskeur is, het ek van my jeug af tot nou toe nie geëet nie. Walglike vleis het nooit in my mond gekom nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê ek: “Ag, Here, my Here, ek het nooit vleis geëet van diere wat gevrek het of wanneer roofdiere hulle doodgemaak het nie, nooit, vandat ek jonk was tot vandag toe. Ek het ook nie offer-vleis geëet wat begin sleg word het nie. Ek het nie onrein geword nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê ek vir die Here: “Ag, Here my God, moet ek myself regtig gaan staan en vuil maak deur menslike uitwerpsel te gebruik? Ek het myself nog nooit in my hele lewe met sulke dinge vuil gemaak nie. Vandat ek ’n kind was tot nou het ek nog nooit ’n dier geëet wat van siekte gevrek het of wat dood in die veld gekry is nie. En ek het ook nog nooit enige dier geëet wat ons wet ons verbied om te eet nie.” |