Ezekiel 4:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het gesê: So sal die kinders van Israel hulle besoedelde brood eet onder die heidene waarheen Ek hulle sal verdryf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want dit is wat die Here sê: Israel sal onrein kos eet tussen die volke waarheen Ek hulle verban!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die HERE: So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe. |
| Afrikaans 1983 | “So sal die Israeliete ook onrein kos eet tussen die nasies waarheen Ek hulle gaan verstrooi, sê die Here.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het gesê: “So sal die Israeliete hulle kos •onrein moet eet onder die nasies waarheen Ek hulle gaan verdryf.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het ook gesê: “Die Israeliete sal hulle kos ook so moet eet tussen die ander volke. Ek sal hulle daarnatoe jaag. Hulle kos sal onrein wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou optrede is ’n simbool van wat met die volk Israel gaan gebeur as hulle stad deur die vyand oorwin word. So gaan hulle ook onrein kos eet wanneer hulle as gevangenes weggevoer gaan word om tussen ander nasies te gaan woon.” |