Ezekiel 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet dit eet soos garskoeke, en jy moet dit bak met mis wat by die mens uitgaan voor hulle oë. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bak die kos elke dag soos ’n ronde garsbrood. Terwyl al die mense kyk, moet jy dit gaarmaak oor ’n vuur van menslike ontlasting. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle oë. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet die kos gebruik in die vorm van brood en dit gaarmaak op die droë uitwerpsel van mense waar almal dit kan sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos roosterkoeke van gars moet jy die kos eet. Op menslike uitwerpsel moet jy dit voor hulle oë bak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet broodjies bak om te eet, soos garsbroodjies, en jy moet dit bak op droë mensmis. Almal moet sien dat jy dit doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die kos wat jy byderhand hou, moet gebruik word om vir jou brood te maak. Die brood moet gaargemaak word op vuur wat met menslike uitwerpsel gemaak is. |