Ezekiel 39:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat in die stede van Israel woon, sal uitgaan en aan die brand steek en die wapens verbrand, die skilde en die skilde, die boë en die pyle en die handstokke en die spiese, en hulle moet dit verbrand met vuur sewe jaar:
Afrikaans (NLV) 2011 “Dan sal die mense van die dorpe van Israel uitgaan en met jou soldate se wapens vuur maak — met groot en klein skilde, boë en pyle, steekspiese en werpspiese. Hulle sal sewe jaar lank daarmee kan vuur maak.
Afrikaans 1933/1953 En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;
Afrikaans 1983 Die inwoners van die stede van Israel sal uitkom en met jou hordes se wapens vuurmaak. Hulle sal vuurmaak met groot skilde, klein skilde, boë, pyle, steekspiese en werpspiese, hulle sal sewe jaar lank met hulle vuurmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “ Die inwoners van die dorpe van Israel sal uitgaan en vuur maak; hulle sal dit met wapens, met klein- en grootskilde, boë en pyle, knuppels en steekspiese aan die brand steek. Hulle sal sewe jaar lank daarmee vuur maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die mense wat in die stede van Israel woon, sal uitgaan. Hulle sal vuurmaak en die wapens verbrand: die skilde, die pyl en boë, die stokke en die spiese. Hulle sal sewe jaar lank vuurmaak met al die wapens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dag as dit gebeur, sal die mense in die stede van Israel rondloop. Hulle sal al die wapens van hulle vyande bymekaarmaak. Dan sal hulle dit gebruik om mee vuur te maak. Daar sal genoeg wapens wees sodat hulle vir sewe jaar daarmee sal kan vuur maak!