Ezekiel 39:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sal Ek my heilige Naam bekend maak in die midde van my volk Israel; en Ek sal nie meer toelaat dat hulle my heilige Naam ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sal die mense van Israel My leer ken as die Heilige. Ek sal nie dat hulle my verder ontheilig nie. En die nasies sal ook besef dat Ek die Here is, die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel. |
| Afrikaans 1983 | “Ek sal my heilige Naam laat ken onder my volk Israel; hulle sal my heilige Naam nooit weer oneer aandoen nie, en die ander nasies sal besef dat Ek die Here is, die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My heilige Naam sal Ek bekend maak midde-in my volk Israel. Ek sal my heilige Naam nie weer laat ontwy nie. Die nasies sal besef dat Ek die Here is, heilig in Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vir my volk Israel wys dat Ek die heilige God is. Ek sal my heilige Naam nie weer laat ontwy nie. Die ander volke sal weet dat Ek die Here is, die Heilige God van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “So sal Ek Myself aan die mense van Israel bekendmaak. Hulle sal goed verstaan wie Ek is. En hulle sal niks meer doen wat My beledig nie. Al die nasies sal dan ook weet dat Ek die Here is. Ek is Israel se God, die Een wat alles kan doen. |