Ezekiel 39:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal 'n vuur slinger in Magog en onder die wat sorgeloos in die eilande woon, en hulle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gooi vuur op Magog en al sy bondgenote wat veilig langs die kus bly. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal 'n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | “Ek sal vuur instuur in Magog se land en onder die sorgelose kuslandbewoners, en hulle sal besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ Ek sal vuur slinger in Magog, en onder hulle wat veilig woon in die eilande. Hulle sal besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek sal die land Magog en die lande by die see aan die brand steek. Daardie mense dink hulle is veilig, maar hulle sal weet dat Ek die Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal Ek vuur laat val op die mense van Magog en op al sy bondgenote wat veilig by die huis agtergebly het, daar langs die kus. Hulle sal ook weet dat Ek die Here is. |