Ezekiel 39:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy sal op die berge van Israel val, jy en al jou bendes en die volk wat by jou is; Ek sal jou gee aan die roofvoëls van allerhande soorte en aan die wilde diere van die veld om geëet te word.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy en jou baie soldate sal op die berge doodgemaak word. Ek maak julle kos vir die aasvoëls en wilde diere.
Afrikaans 1933/1953 Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.
Afrikaans 1983 Jy en al jou hordes en die ander volke wat tot jou beskikking is, sal op die berge van Israel sneuwel. Ek sal jou vir al die roofvoëls en die roofdiere gee om op te vreet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou troepe en die volke wat by jou is. Aan die roofvoëls, al die gevleueldes, en aan die diere van die veld, gee Ek jou as voedsel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal sterf op die berge van Israel, jy en al jou soldate en die manne van ander volke wat saam met jou is. Ek sal jou vir die roofvoëls en die wilde diere gee om op te vreet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy en al jou soldate sal daar, op die berge van Israel, doodgemaak word. Ek gee julle lyke vir die aasvoëls en die wilde diere. Hulle sal julle lyke opvreet.