Ezekiel 39:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal hulle weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle in ballingskap onder die nasies laat wegvoer het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal my volk besef dat Ek, die Here, hulle God is. Dis Ek wat hulle in ballingskap weggestuur het en dis Ek wat hulle huis toe bring. Ek laat nie een agterbly nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal weet dat Ek, die HERE, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en dr niemand meer uit hulle agter laat bly het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal besef dat Ek die Here hulle God is. Nadat Ek hulle in ballingskap laat wegvoer het na ander nasies toe, sal Ek hulle weer in hulle land bymekaarbring; niemand sal in ballingskap agterbly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal besef dat Ek, die Here, hulle God is, wanneer Ek hulle in ballingskap laat wegvoer het na die nasies, en hulle op hulle grond bymekaargebring het, en nie meer enigiemand van hulle daar agtergelaat het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal hulle weet dat Ek hulle God die Here is. Ek het hulle gevangenes laat word by die ander volke, maar Ek het hulle weer laat bymekaarkom in hulle eie land. Ek het nie een van hulle in die ander lande laat agterbly nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal my volk ook besef dat Ek die Here is. Hulle sal sien dat dit Ek was wat hulle as gevangenes laat weglei het na vreemde lande. En dat dit Ek is wat hulle ook weer terugbring na hulle eie land. Ek sal niemand van my volk laat agterbly in die vreemde land waar hulle nou as gevangenes bly nie. |