Ezekiel 39:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarna het hulle hul skande gedra en al hul oortredinge waarmee hulle teen My oortree het, toe hulle veilig in hul land gewoon het, en niemand het hulle bang gemaak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die dag as hulle veilig in hulle land bly en vir niemand hoef bang te wees nie, sal hulle die skande en die ontrouheid vergeet waarmee hulle My behandel het.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie.
Afrikaans 1983 [26-27] Wanneer hulle weer veilig in hulle land woon en vir niemand bang hoef te wees nie, wanneer Ek hulle terugbring onder die nasies uit en hulle bymekaarmaak uit die lande van hulle vyande, sal hulle die vernedering vergeet wat hulle moes ondergaan oor hulle ontrou aan My. Ek sal My voor die oë van al die nasies deur Israel laat erken as die heilige God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal egter steeds hulle vernedering en al die ontrou wat hulle teen My gepleeg het, moet dra wanneer hulle veilig woon op hulle grond en niemand hulle verskrik nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal in hulle land woon en veilig wees, hulle sal vir niemand bang wees nie, maar hulle sal vir altyd skaam wees omdat hulle ontrou was aan My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My volk sal dan sê: ‘Ons het al die slegte dinge gedoen wat die Here ons beveel het om nie te doen nie. Ons was opstandig teen die Here. Ons het ons nie aan Hom gesteur nie.’ “Ek sal my volk terugbring huis toe. Dan sal hulle veilig en gelukkig in hulle eie land leef. Niemand sal hulle ook weer pla of hulle lewens in gevaar stel nie. Hulle sal vir niks en niemand bang wees nie.