Ezekiel 39:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob terugbring en My oor die hele huis van Israel ontferm en jaloers wees op my heilige Naam; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: Ek sal Jakob terugbring uit ballingskap en My ontferm oor die mense van Israel, want Ek gaan die eer van my Naam beskerm. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die Here HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Ek gaan nou die lot van Jakob verander, Ek gaan My ontferm oor die hele Israel, Ek gaan die eer van my heilige Naam handhaaf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom,” so sê die Heer, die Here, “gaan Ek nou die lot van Jakob verander, en My ontferm oor die hele huis van Israel. Ek sal my ywer vir my heilige Naam toon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Maar nou sal Ek dit weer goed laat gaan met die nageslag van Jakob, Ek sal weer goed wees vir die hele volk Israel, Ek sal wys dat Ek lief is vir my heilige Naam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sê die Here, die God van Esegiël: “Ek sal my volk terugbring van waar hulle nou as gevangenes in ’n ver en vreemde land sit. Ek sal hulle weer goed behandel. Ek sal hulle nie verder straf vir die slegte dinge wat hulle gedoen het nie. Want Ek moet my Naam beskerm voor mense wat sleg praat en sê Ek kan nie behoorlik sorg vir die volk wat Ek uitgekies het nie. Hulle sê dit omdat my volk as gevangenes weggevat is uit hulle eie land. |