Ezekiel 39:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die heidene sal weet dat die huis van Israel in ballingskap gegaan het vanweë hulle ongeregtigheid, omdat hulle teen My ontrou gehandel het, daarom het Ek my aangesig vir hulle verberg en hulle in die hand van hulle vyande gegee; so het hulle almal deur die swaard geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die nasies sal ook weet hoekom Ek Israel in ballingskap weggestuur het. Dit was as straf vir hulle sondes, want hulle was ontrou aan My. Daarom het Ek my rug op hulle gedraai en toegelaat dat hulle vyande hulle vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die nasies sal weet dat die huis van Israel vanweë hulle ongeregtigheid in ballingskap gegaan het; omdat hulle teen My troubreuk begaan het, het Ek my aangesig vir hulle verberg en hulle in die hand van hul teëstanders oorgegee, sodat hulle almal deur die swaard geval het. |
| Afrikaans 1983 | “Die ander nasies sal besef dat die Israeliete in ballingskap weggevoer is oor hulle sonde, hulle ontrou teenoor My, en dat Ek hulle verwerp het en hulle oorgegee het in die mag van hulle vyande om almal deur die swaard afgemaai te word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die nasies sal besef dat dit oor hulle sondeskuld is dat die huis van Israel in ballingskap gegaan het omdat hulle aan My ontrou was. Ek het my gesig vir hulle verberg en hulle oorgegee in die hand van hulle teenstanders, en hulle het almal deur die swaard geval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander volke sal weet dat die volk Israel gevangenes in ander lande geword het omdat hulle verkeerd gedoen het, omdat hulle ontrou was aan My. Daarom het Ek my gesig weggedraai van hulle en Ek het hulle vir hulle vyande gegee, sodat hulle almal in oorlog gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dan sal die nasies ook verstaan hoekom Ek toegelaat het dat vyande my volk as gevangenes wegvoer om in vreemde lande te gaan bly. Dit is hoe Ek hulle vir hulle sonde gestraf het. Hulle het nie gedoen wat Ek hulle beveel het nie. Daarom het daar ’n dag gekom dat Ek my rug vir hulle gedraai het. Toe het Ek toegelaat dat hulle vyande hulle doodmaak en verwoes. |