Ezekiel 39:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sal die huis van Israel weet dat Ek die HERE hulle God is van daardie dag af en verder.
Afrikaans (NLV) 2011 Van daardie dag af sal die mense van Israel besef dat Ek, die Here, hulle God is.
Afrikaans 1933/1953 En die huis van Israel sal weet dat Ek die HERE hulle God is, van die dag af en verder.
Afrikaans 1983 Van daardie dag af en verder sal Israel besef dat Ek die Here hulle God is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die huis van Israel sal besef dat Ek die Here hulle God is, van daardie dag af en daarna.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En die volk Israel sal weet dat Ek hulle God die Here is, van daardie dag af, vir altyd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna sal Israel ook baie goed verstaan wie Ek is. Hulle sal sien wat Ek doen as Ek kwaad word. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.