Ezekiel 39:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal my heerlikheid onder die nasies gee, en al die nasies sal my oordeel sien wat Ek voltrek het en my hand wat Ek op hulle gelê het.
Afrikaans (NLV) 2011 “So sal Ek myself onder die nasies vereer. En hulle sal sien hoe Ek hulle straf as Ek my hand op hulle lê.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal my heerlikheid onder die nasies bring, en al die nasies sal my strafgerig sien wat Ek voltrek het, en my hand wat Ek op hulle gelê het.
Afrikaans 1983 “Ek openbaar my mag aan die nasies: al die nasies sal die oordeel sien wat Ek bring, die mag waarmee Ek teen hulle optree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek sal my heerlikheid onder die nasies toon; al die nasies sal my oordeel sien wat Ek voltrek, en my hand wat Ek op hulle lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek sal vir die volke wys dat Ek die Koning is. Al die volke sal sien dat Ek die vyande gestraf het, hulle sal sien dat Ek my hand op hulle gesit het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “So wys Ek vir die nasies wie Ek is, en hoe sterk Ek is. Hulle sal sien wat gebeur as Ek mense straf. Hulle sal voel hoe dit is as Ek, die sterk God, mense verwoes.