Ezekiel 39:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sal julle aan my tafel versadig word met perde en strydwaens, met helde en met alle krygsmanne, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Eet julle versadig aan perde en ruiters, magtige mense en soldate, sê die oppermagtige Here.
Afrikaans 1933/1953 En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Julle kan julle aan my tafel versadig eet aan perde en strydwabemannings, aan dapper vegters en allerlei soldate,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet julle by my tafel versadig eet aan perde en strydwabemannings, aan helde en al die krygsmanne.” Dit is die uitspraak van die Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal meer as genoeg eet by die ete wat Ek gee. Julle sal die perde en die manne van die oorlogkarre eet, ook die soldate en almal wat oorlog gemaak het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom vreet die perde en hulle ruiters en al die sterk en dapper soldate. Kom vreet tot julle genoeg het,” sê die Here, die God van Esegiël.