Ezekiel 39:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal jou terugdraai en net die sesde deel van jou laat oorbly en jou uit die noordelike dele laat optrek en jou op die berge van Israel bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek draai teen jou en dryf jou na die berge van Israel. Ek bring jou uit die verre noorde, na die berge van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die Noorde en jou laat kom op die berge van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal jou in 'n ander rigting laat draai en jou aan die hand lei en jou uit die verre noorde laat uitkom en jou die berge van Israel laat inval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal jou laat omdraai en jou saamsleep; Ek sal jou laat optrek uit die afgeleë noorde. Ek sal jou bring by die berge van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal jou laat omdraai, Ek sal jou lei en Ek sal jou laat kom van ver uit die noorde, Ek sal jou op die berge van Israel bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek draai jou om sodat jy in ’n ander rigting sal loop. Ek dryf jou na die berge van Israel. Ek lei jou uit jou land uit sodat jy in Israel se land aankom. |