Ezekiel 39:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet vet eet totdat julle versadig is, en bloed drink totdat julle dronk is, van my offer wat Ek vir julle geoffer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Eet vet vleis tot julle oorversadig is, drink bloed tot julle dronk is. Ek het die offerfees vir julle reggemaak.
Afrikaans 1933/1953 vet sal julle eet totdat julle versadig is, en bloed drink totdat julle dronk is, van my slagoffer wat Ek vir julle geslag het.
Afrikaans 1983 Julle sal vet vleis eet tot versadigens toe en bloed drink tot julle dronk is, dié van my offermaaltyd wat Ek vir julle aanbied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle sal vet eet totdat julle versadig is, en bloed drink totdat julle dronk is van my offers wat Ek vir julle geslag het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal vet eet, meer as genoeg, en julle sal bloed drink totdat julle dronk is by die fees-ete wat Ek vir julle sal gereedmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom vreet tot julle nie meer kan nie. Kom drink bloed tot julle dronk is daarvan. Ek het hierdie fees vir julle gereedgemaak.