Ezekiel 39:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle sal die vleis van die helde eet en die bloed drink van die vorste van die aarde, van ramme, lammers en bokke, bulle, almal vetgemaakte diere van Basan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eet die vleis van magtige mense en drink die bloed van prinse asof hulle ramme en lammers, bokke en bulle is, almal vetgevoerde diere van Basan! |
| Afrikaans 1933/1953 | Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink -- ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam -- |
| Afrikaans 1983 | Julle sal vooraanstaande mense se vleis eet en die bloed drink van regeerders van die aarde, almal in so 'n goeie kondisie soos die vet ramme en bulle van Basan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vleis van helde sal julle eet en die bloed van die leiers van die aarde sal julle drink – skaapramme, ramlammers, bokramme, bulle, almal vetgemaak in Basan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sal die vleis van belangrike mense eet en julle sal die bloed drink van mense wat regeer op die aarde. Hulle is almal soos die skaap-ramme en die lammers en die bok-ramme en die bulle wat vet geword het in die land Basan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom eet die vleis van sterk soldate. Drink die bloed van die leiers van volke. Ek maak hierdie mense soos vet diere wat gevrek het. Julle kan hulle kom opvreet. |