Ezekiel 39:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy, mensekind, so sê die HERE; Spreek met al die geveerde voëls en met al die diere van die veld: Kom bymekaar en kom; versamel julle van alle kante by my offer wat Ek vir julle bring, 'n groot offer op die berge van Israel, dat julle vleis kan eet en bloed kan drink.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, roep nou al die voëls en wilde diere, sê die oppermagtige Here. Sê vir hulle: Kom bymekaar vir die groot offerfees! Kom van ver en naby na die berge van Israel, kom eet die vleis en drink die bloed!
Afrikaans 1933/1953 En jy, mensekind, so spreek die Here HERE: Sê vir die voëls van allerhande vere en vir al die wilde diere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, 'n groot slagoffer op die berge van Israel; en eet vlees en drink bloed!
Afrikaans 1983 “Mens, so sê die Here jou God, sê vir al die voëls en vir al die roofdiere: Kom bymekaar, kom, versamel van alle kante af rondom die offermaaltyd wat Ek vir julle aanbied, die groot slagting op die berge van Israel; kom eet vleis en drink bloed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En jy, mensekind,” so sê die Heer, die Here: “Sê vir die voëls, vir al die gevleueldes, en vir al die diere van die veld: Kom bymekaar, ja, kom! Kom van oraloor byeen by my slagoffer wat Ek vir julle gaan slag – 'n groot slagoffer op die berge van Israel. Eet vleis en drink bloed!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “En jy, mens, die Here, Hy wat Here is, sê vir jou: Jy moet vir die voëls, vir alles wat vlieg, en vir al die wilde diere sê: Julle moet bymekaarkom. Julle moet van al die kante kom en julle moet rondom my fees-ete kom staan. Ek het vir julle die ete gereedgemaak, 'n groot ete op die berge van Israel. Julle moet vleis kom eet en bloed kom drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Roep nou eers al die voëls en die wilde diere bymekaar,” sê die Here, die God van Esegiël. “Sê vir hulle: Kom bymekaar! Ek maak vir julle ’n groot ete reg! Julle gaan feesvier! Kom van oor die hele land, van die ooste tot die weste. Kom na die berge toe. Daar gaan vir julle genoeg vleis wees om te eet en genoeg bloed wees om te drink!