Ezekiel 39:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die passasiers wat deur die land trek, as iemand 'n mens se been sien, moet hy 'n teken daarby oprig totdat die begraafplaas dit in die dal van Hamongog begrawe het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waar geraamtes gekry word, sal hulle ’n teken oprig sodat die ondernemers dit kan sien en die lyke in die Vallei van Gog se menigtes kan begrawe. |
| Afrikaans 1933/1953 | en sien een van hulle wat deur die land trek, 'n mensebeen, dan rig hy daarby 'n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het in die dal van Gog se menigte. |
| Afrikaans 1983 | hulle sal deur die land gaan en wanneer iemand 'n been sien, sal hy dit met 'n stapel klippe merk sodat dié wat die begraafwerk doen, dit in die Vallei van die Gog-hordes kan gaan begrawe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hulle wat die land deurkruis – wanneer iemand menslike beendere sien lê, sal hy langsaan 'n merkteken oprig, totdat die begrawers dit begrawe het in die Vallei van Hamon-Gog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | hulle sal deur die land gaan en wanneer hulle 'n been van 'n dooie mens sien, sal hulle 'n paar klippe daar opmekaar sit. Die manne wat die bene moet begrawe, sal dit sien en hulle sal dit gaan begrawe in die vallei van Gog se soldate. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hulle ’n geraamte kry, sal hulle ’n merk daar regop sit. Agter hulle sal die begrafnisondernemers kom. As hulle êrens ’n merk sien, sal hulle die geraamte daar wegvat. Hulle sal elke geraamte in die Vallei van Gog se Horde Soldate gaan begrawe. |