Ezekiel 39:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal manne van voortdurende diens afskei wat deur die land trek om saam met die passasiers te begrawe wat op die aarde oorgebly het, om dit te reinig; aan die einde van sewe maande moet hulle deursoek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Aan die einde van sewe maande sal mense aangestel word om die land te deursoek vir lyke en om hulle te begrawe sodat die land skoongemaak kan word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers begrawe wat bo-op die grond oorgebly het, om dit te reinig. Aan die einde van sewe maande sal hulle 'n ondersoek instel, |
| Afrikaans 1983 | “Daar sal mense afgedeel word om die land deur te gaan en skoon te maak deur al die lyke wat in die land oorbly, te begrawe. Na sewe maande sal hulle die land deursoek: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Hulle sal gereeld manne afsonder wat die land deurgaan, en verbygangers wat op die grond bly lê het, begrawe om die land te reinig. Aan die einde van sewe maande sal hulle ondersoek instel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die mense van die land sal manne kies en aanstel om weer en weer deur die land te gaan en die dooie mense te begrawe, die mense wat nog nie begrawe is nie. Dan sal die land weer rein word. Ná sewe maande sal hulle weer dooie mense soek in die land, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As die sewe maande verby is, sal spesiale spanne aangestel word wat deur die land gaan. Hulle werk sal wees om te soek of daar nie nog geraamtes agtergebly het van soldate wat in die oorlog dood is nie. Hulle sal al die geraamtes wat hulle kry, begrawe. So moet my land weer skoongemaak word. |