Ezekiel 39:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, al die mense van die land sal hulle begrawe; en dit sal vir hulle 'n naam wees die dag dat Ek verheerlik sal word, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen in Israel sal help. Dit gaan ’n wonderlike oorwinning vir Israel wees daardie dag wanneer Ek vereer word, sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal begrawe word deur al die mense in die land en dit sal vir hulle roem bring die dag wanneer Ek My laat ken as die magtige God,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele volk van die land sal hulle begrawe, en dit sal die volk tot roem strek op die dag wanneer Ek Myself verheerlik.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense van die land sal die dooie mense begrawe, en wanneer Ek wys dat Ek die Koning is, dan sal almal die mense van hierdie land respekteer.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elkeen in die land sal moet help. Israel gaan vir lank feesvier die dag as Ek hulle vyande voor die voet doodmaak. Daardie dag gaan Ek vir Israel wys wie Ek is, en hoe sterk Ek is,” sê die Here. |