Ezekiel 39:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in dié dag sal Ek aan Gog daar 'n plek van grafte gee in Israel, die dal van die passasiers aan die oostekant van die see; en dit sal die neuse van die passasiers toestop; begrawe Gog en sy hele menigte, en hulle sal dit die dal van Hamongog noem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek maak ’n begraafplaas vir Gog in Israel, in Reisigersvallei, oos van die Dooie See. Die begraafplaas sal reisigers se pad versper. Hulle sal die plek Vallei van Gog se menigtes noem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dag sal Ek aan Gog 'n plek gee waar 'n graf sal wees in Israel, die dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte en dit noem: Die dal van Gog se menigte. |
| Afrikaans 1983 | “Daardie dag sal Ek vir Gog 'n plek gee om begrawe te word in Israel, in Reisigersvallei, oos van die Dooie See. Die graf sal die reisigers se pad versper. Gog en al sy hordes sal daar begrawe word, en die plek sal die naam kry Vallei van die Gog-hordes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Op daardie dag sal Ek vir Gog 'n plek as graf gee in Israel, in die Vallei van Oberim, oos van die see. Dit sal 'n versperring wees vir verbygangers. Hulle sal Gog en sy hele horde daar begrawe, en die plek Vallei van Hamon-Gog noem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daardie dag sal Ek vir Gog 'n plek in die land Israel gee. Sy graf sal daar wees. Dit sal in die vallei oos van die Dooie See wees. Die mense wat deur die land wil gaan, kom daar verby. Maar wanneer die graf daar is, dan sal die mense nie meer daar kan verbygaan nie. Hulle sal die plek noem ‘Die vallei van Gog se soldate.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dan maak Ek ’n groot begraafplaas waar Gog en al sy soldate begrawe kan word. Die begraafplaas sal in die Vallei van Reisigers wees, oos van die Dooie See. Mense wat daarlangs verbytrek, sal ’n ompad moet kies, so groot sal die begraafplaas wees. Hulle sal die naam van die vallei verander sodat mense daarvan sal praat as die Vallei van Gog se Horde Soldate. |