Ezekiel 39:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat hulle geen hout uit die veld sal neem en niks uit die bosse afkap nie; want hulle sal die wapens met vuur verbrand; en hulle sal die wat hulle beroof, beroof en die wat hulle beroof het, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal nie nodig wees om in die veld hout bymekaar te maak of in die bos te kap nie. Hulle sal met jou wapens vuur maak. Hulle sal dié plunder wat hulle geplunder het en buit vat van dié wat by hulle buit wou vat, sê die oppermagtige Here.
Afrikaans 1933/1953 sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Hulle sal nie hout uit die veld hoef aan te dra of in die bos hoef te gaan kap nie, want hulle sal vuurmaak met jou wapens. Hulle sal dié plunder wat hulle geplunder het en die besittings buit van dié wat hulle s'n gebuit het,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal nie hout uit die veld aandra of in die bosse kap nie, want met die wapens sal hulle vure maak. Hulle sal hulle plunderaars plunder, hulle buitmakers buit. ” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal nie hout in die veld gaan haal of bome afkap in die bos nie, want hulle sal vuurmaak met die wapens. Hulle sal die goed terugvat wat die vyande voorheen gevat het, hulle sal alles terugvat wat die vyande wou wegvat.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My volk sal nie meer nodig hê om in die veld rond te loop en hout te soek nie. Hulle sal nie meer bome afkap of takke afsaag waarmee hulle vuur kan maak nie. Hierdie wapens sal genoeg hout wees om mee vuur te maak, so groot sal die verwoesting wees wat Ek onder julle vyande sal bring. Julle sal die besittings van julle vyande vir julleself vat. Dit is die einste vyande wat gekom het om Israel se besittings vir hulleself te vat,” sê die Here, die God van Esegiël.