Ezekiel 39:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die HERE; Kyk, ek het dit teen jou, o Gog, hoofvors van Meseg en Tubal! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, profeteer teen Gog. Sê vir hom die oppermagtige Here sê: Ek is jou vyand, Gog, grootkoning van Mesek en Tubal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal. |
| Afrikaans 1983 | “Mens, tree op as profeet teen Gog en sê: So sê die Here my God: Ek gaan teen jou optree, Gog, hoofregeerder van Mesek en Tubal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “En jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Dit is Ek teen jou, Gog, hoofleier van Meseg en Tubal! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En jy, mens, jy moet my boodskap bring teen Gog. Jy moet vir hom sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Gog, hoof-regeerder van die volke Mesek en Tubal, Ek is jou vyand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, sê vir Gog die Here, Esegiël se God, sê: Ek het jou vyand geword. Jy regeer oor Mesek en Tubal. |