Ezekiel 38:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy sal opklim en kom soos 'n storm, jy sal wees soos 'n wolk om die land te bedek, jy en al jou bendes en baie mense saam met jou.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal jy en jou bondgenote en baie soldate soos ’n storm oor hulle aanrol en die land soos ’n wolk toemaak.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal jy optrek soos 'n onweer wat aankom, jy sal wees soos 'n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.
Afrikaans 1983 Jy sal soos 'n stormwind op hulle toeslaan en soos 'n wolk die land bedek, jy en al jou hordes en die baie volke wat tot jou beskikking is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy sal optrek; soos 'n stormwind wat losbreek, sal jy aankom, soos 'n wolkmassa om die land te bedek sal jy wees – jy en al jou troepe en die baie volke by jou.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar jy sal soos 'n stormwind kom en jy sal hulle aanval. Jy en al jou soldate en die manne van ander volke wat saam met jou is, sal baie wees, julle sal die land toemaak soos 'n wolk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal jy op hulle afstorm soos ’n donker wolk. Jy sal saam met al jou bondgenote en al hulle soldate op Israel afkom soos ’n storm. Israel sal baie bang vir julle wees.”