Ezekiel 38:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Na baie dae sal jy besoek word; aan die einde van die jare sal jy inkom in die land wat van die swaard teruggebring is en uit baie volke versamel is, teen die berge van Israel wat altyd woes was; maar dit word gebring uit die nasies uit, en hulle sal almal veilig woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oor ’n lang tyd sal jy opgeroep word. Dan sal jy na ’n land gaan wat van oorlog herstel het. Daardie land se mense is bymekaargemaak uit al die nasies om op die berge van Israel, wat lank verlate gelê het, te bly. Hulle is tussen die nasies uitgebring en bly nou veilig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nbaie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy 'n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het -- ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal na 'n lang tyd, in die verre toekoms, bevel kry en na 'n land toe gaan wat herstel is ná oorlog en waar baie mense weer tussen ander volke uit bymekaargebring is, daar op die berge van Israel wat so lank verwoes gelê het. Die mense is tussen die volke uit teruggebring en hulle woon almal veilig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná 'n lang tyd sal jy opgeroep word; aan die einde van jare sal jy gaan na 'n land wat weer herstel het ná die swaard, 'n land waarvan die mense byeengebring is uit baie volke op die berge van Israel, die berge wat langdurig in puin gelê het. Hulle is uit die volke uitgelei, en hulle almal woon veilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag, wanneer dit die regte tyd is, dan sal Ek vir jou sê wat jy moet doen. Jy sal kom na 'n land wat amper weer reg is ná die oorlog. Die berge van Israel was 'n baie lang tyd verwoes, maar daar is nou mense wat bymekaargekom het uit baie volke. Ek het gesê hulle moet uitkom tussen die ander volke, en hulle dink hulle is veilig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iewers in die verre toekoms sal Ek jou beveel om na Israel toe te gaan. Daardie land sal pas net herstel het na ’n lang oorlog wat alles in die land vernietig het. Israel sal dan pas teruggekeer het van die vreemde lande waar hulle as gevangenes gehou is. En hulle sal in vrede in hulle eie land leef. |