Ezekiel 38:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal jou terugdraai en hake in jou kake steek, en Ek sal jou uitlei en jou hele leër, perde en ruiters, almal geklee met allerhande wapenrusting, ja, 'n groot menigte met skilde en skilde, almal van hulle wat swaarde hanteer: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek draai teen jou en sit hake in jou kakebeen om jou en al jou soldate, perde en ruiters, soldate met klein en groot skilde, almal met swaarde, na julle vernietiging te lei. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, 'n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer; |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan jou in 'n ander rigting draai, Ek gaan hake in jou kakebene steek en jou uit jou land bring, jou en jou hele leërmag, die groot menigte perde en ruiters, almal pragtig aangetrek, almal toegerus met skilde en met swaarde in die hand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal jou laat omdraai, Ek sal hake deur jou kake steek en jou op 'n veldtog laat uittrek, saam met jou hele leërmag – perde en ruiters, almal weelderig geklee, 'n groot menigte met grootskilde en kleinskilde, almal met swaarde gewapen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal jou laat omdraai en Ek sal ysterhoeke in jou kakebene steek. Ek sal jou uit jou land laat kom saam met al jou soldate, jou perde en jou manne wat op perde ry. Hulle dra almal mooi klere en elkeen hou 'n skild en 'n swaard in sy hand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het My vir jou vererg. Daarom gaan Ek jou omdraai en hake in jou kakebeen indruk sodat Ek jou kan gaan verwoes. En nie net vir jou nie. Ek doen dit ook met al jou soldate en hulle perde. Jou soldate sal al hulle wapens aan hulle lywe hê daardie dag as Ek jou bykom en vernietig. |