Ezekiel 38:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal teen hom die stryd voer met pes en bloed; en Ek sal op hom en op sy bendes en op die baie mense wat by hom is, reën laat reën en groot haelstene, vuur en swawel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan straf Ek jou met siekte en dood. Ek stort wolkbreuke, hael, vuur en brandende swael uit oor jou en jou soldate en die baie nasies saam met jou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal hom tref met pes en dood, Ek sal wolkbreuke, hael en brandende swael op hom laat reën en op sy hordes en op die baie manskappe wat tot sy beskikking is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal met hom die saak bereg deur pessiekte en bloedvergieting. Geweldige stortreën, groot haelstene, vuur en swael sal Ek op hom, op sy troepe en op baie volke wat by hom is, laat neerreën. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal pes en dood, reën-storms en hael stuur om hom te straf. Ek sal vuur en swael op hom laat val soos reën. Dit sal ook val op sy soldate en op die baie mense van ander volke wat by hom is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal jou en jou soldate straf. Julle sal deur oorlog en siekte doodgemaak word. Ek stuur swaar reën en haelstene en vuur en brandende swael om julle te straf. |