Ezekiel 38:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) sodat die visse van die see en die voëls van die hemel en die diere van die veld en al die kruipende diere wat op die aarde kruip, en al die mense wat op die aarde is, voor my aangesig sal bewe, en die berge sal afgebreek word, en die steiltes sal val, en elke muur sal op die grond val.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vis, voëls en diere, alles wat beweeg en al die mense sal voor My bewe. Berge sal omgegooi word, kranse sal inmekaarstort en mure sal omval.
Afrikaans 1933/1953 sodat van my aangesig af weg sal bewe die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gedierte wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val.
Afrikaans 1983 Die visse in die see, die voëls in die lug, die diere in die veld, al die diertjies wat op die grond rondkruip en al die mense in die land, sal voor My bewe. Die berge sal omgekeer word, die kranse sal inmekaarstort, die mure in die land sal omval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vanweë my teenwoordigheid sal die visse in die see, die voëls van die hemel, die diere van die veld, al die diere wat op die grond kruip, en elke mens op aarde bewe. Die berge sal intuimel, die kranse sal ineenstort, en elke stadsmuur sal op die grond val.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Alles sal bewe voor My: die visse, die voëls, die diere, die klein diertjies wat op die grond rondkruip, en al die mense in die land. Die berge sal val, die rotse sal val, elke muur in die land sal omval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alles wat lewe - selfs die visse, en al die voëls en diere en mense - sal daardie dag bewe van skrik. Want julle sal My sien. Die berge sal platgevee word. Die rotse sal verkrummel. Mure sal omval voor My.