Ezekiel 38:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want in my ywer en in die vuur van my toorn het Ek gespreek: Waarlik, in dié dag sal daar 'n groot skudding wees in die land van Israel; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In my brandende woede belowe Ek dat daar ’n groot aardbewing in die land Israel sal wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik, in die dag sal daar 'n groot aardbewing wees in die land van Israel, |
| Afrikaans 1983 | Ek sê dit met drif, in gloeiende gramskap: daardie dag sal daar 'n groot aardbewing kom in die land Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met heilige jaloesie, met die vuur van my gramskap, verklaar Ek: Op daardie dag sal daar 'n groot aardbewing wees op die grondgebied van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek is baie lief vir my volk, Ek sal kwaad word wanneer jy hulle aanval. Ek sê dit nou: Daardie dag sal daar 'n groot aardbewing kom in die land Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek sal jaloers wees op my volk. En Ek sal kwaad wees vir jou, Gog. Die land sal skud asof ’n aardbewing hom getref het as Ek met jou afreken. |